Erfenisvereniging van Centurion

 

 

Irene Konsentrasiekampkerkhof

 

Voorblad

Kaart

Nuus

Kerkhof

Boeke

Doelstellings

Sluit aan

Kontak ons

 

 


 Irene Konsentrasiekampkerkhof En Tuin van Herinnering

Anglo-boereoorlog 1899-1902

Die Anglo-Boereoorlog  (1899-1902)

Op 5 Junie 1900 vind die innname van Pretoria plaas na skermutselings in die huidige Centurion. Lord Roberts het die Boere probeer uitoorl deur al met die Hennopsrivier langs te beweeg om sodoende Pretoria van die westekant binne te val.  n Fort is later op die hoogste koppie naby Irene gebou, nou bekend as Cornwall Hill, genoem na die Hertog van Cornwall.  Sy ligte infaterie-eenheid was hier gevestig.

In n poging om die gees en infrastruktuur van die Boere te breek het die Britte n Verskroeide Aarde-beleid gevolg, waarvolgens die Boerehuise, plase, lande en vee vernietig is.

Die duisende vroue en kinders wat daardeur dakloos gelaat is, is na 31 konsentrasiekampe gedryf, wat verspreid was oor die twee Boererepublieke, Transvaal en Oranje Vrijstaat, asook die Britse kolonies van Natal en die Kaap. Die kampe was gewoonlik na aan spoorlyne gele.

Die kampe het ook gedien as toevlugsoord vir mans wat hulle aan die Britte oorgegee het, met hulle gesinne maar het later ontaard in aanhoudings- en strafkampe vir vroue en kinders van burgers op kommando en ander persone wat deur die Britte as ongewens beskou is. Daar was ook arbeids- en onderhoudskampe vir persone uit die swart bevolking wat haweloos gelaat is of deur die Britse ler in diens geneem is. Sover bekend was daar nie so n kamp vir swartes in Irene nie.

Toestande in die kampe was haglik omdat daar nie voldoende kos, water, medisyne en dokters was nie.Ongeveer 4,000 vrouens en 23,000 kinders uit n totale Boerebevolking van ongeveer 322,000 en n onbekende getal uit die swart bevolking, het deur die land in konsentrasiekampe gesterf weens siektes, blootstelling, swak voorsiening van lewensmiddele en onvoldoende mediese sorg. In die Irene konsentrasiekamp het ongeveer 1200 mense gesterf.

Emily Hobhouse, n Britse maatskaplike werker, het alles in haar vermo gedoen om die vroue en kinders to probeer help.  As gevolg van haar pogings om die Britte te probeer oortuig om menslik en redelik op te tree, is sy by geleentheid uit Suid-Afrika verban deur die Britse owerheid.  Sy was n simbool van hoop vir die Boerevroue en kinders.

Die Irene Konsentrasiekamp

Die kamp is op 2 November 1900 geopen.  Die inwonertal het drasties toegeneem en mense is in tente onder haglike omstandighede aangehou.

Op 6 April 1901 het n groep vroue van Pretoria n verpleegsterskorps op die been gebring, onder wie Henrietta Armstrong, wat n dagboek gehou het van haar wedervaringe. Hierdie dagboek is deur die RGN in 1980 gepubliseer, en die aanhalings in blokvorm in hierdie pamflet is uit haar dagboek aangehaal. Hierdie liefdesdaad het later ook gelei tot die stigting van die SA Vrouefederasie op 10 Oktober 1904.

Die Irene Primary school langs die kerkhof is in September 1901 gestig vir die kinders in die konsentrasiekamp. Ten einde vir ontspanning voorsiening te maak is n terrein te noorde van die kamp ontwikkel wat vandag bekend staan as die Oval.

Die kamp is later uitgebrei met die oorplasing van die Nylstroomkamp aan die suidekant van die Hennopsrivier. Teen die einde van 1902 was daar ongeveer 5,400 mense in die twee kampe.

Alhoewel vrede op 31 Mei 1902 verklaar is, is die kamp eers amptelik n jaar later in 1903 gesluit.

Aankoms by die kamp

Dikwels is honderde families eenvoudig by die kamp van die trein afgelaai, partymaal sonder dat die nodige voorbereidings vir hulle ontvangs getref was.  Die mense het meestal net die klere aan hulle lyf gehad, soms met n paar stukkies kosbaarhede wat saamgedra kon word.

Daar was dikwels nie genoeg tente en voorraad om skielik nog n paar honderd mense te huisves nie. Dit het tot oorbevolking in tente gelei. Soms moes tot 20 mense in n tent wat vir 6 mense bedoel is, bly.

Henrietta Armstrong was een van die  hulpverpleegsters wat vrywillig in die kamp kom werk het om omstandighede te probeer verlig. Sy was van April tot Oktober 1901 in die kamp en het n dagboek gehou van haar wedervaringe.

 Voedselrantsoene

Rantsoene was ten alle tye onvoldoende. n Week se rantsoen het bestaan uit 7lb meel, 4oz sout, 6oz koffie en 12oz suiker. Kinders het die helfte daarvan gekry.  Melk, vars groente, seep, kerse en toiletware was skaars en slegs voorsien waneer die kampdokter dit as n medical comfort voorgeskryf het.

Hierdie rantsoen verteenwoording ongeveer 29% van n volwasse se kalorievereistes, en slegs 15% van die van n kind. Vleis was selde beskikbaar en die gesinne van vegtende kommando-lede het niks gekry nie.

Die Kampkerkhof

   
Die Kampkerkhof voor 1959


Gedenktuin soos dit vandag lyk.

Die oorspronklike begraafplaas was net hopies klippe en nie almal het grafstene gehad.  Met die verloop van tyd is van die grafstene verwyder en sommige het rondgel. Dit het tot gevolg gehad dat spesifieke grafte nie identifiseer kon word nie.

n Genommerde naamplaatjie is gewoonlik deur die kampowerheid op grafte geplaas.  Een van die plaatjies wat gevind was, was nommer 2156. Dit kan daarop dui dat die werklike getal sterftes heelwat hor kan wees as die algemeen aanvaarde 1149. Slegs 850 graftsteentjies was gevind.

In 1958 het die Raad op Oorlogsgrafte op aandrang van die SAVF besluit om die begraafplaas in n gedenktuin te omskep.  Die oorspronklike handgekerfde grafstene, uit leiklip gemaak, is toe versamel en teen mure gemonteer. Om verdere verwering te voorkom, behoort die grafstene onder dak geplaas te word. Simboliese grafstene met die name in alfabetiese volgorde van die gestorwenes is toe opgerig. Die klip wat op die oorspronklike grafte was is gebruik om n gedenkmuur en plaveisel te bou in die middel van die begraafplaas.. 

In 1968 is 35 kinders wat in n tweede begraafplaas begrawe was, in n bogrondse grafkelder herbegrawe. Bykans n duisend van die sterfgevalle was kinders jonger as 15 jaar.

Die begraafplaas is vandag n nasionale gedenkwaardigheid onder die beskerming van die SA Erfenishulpbronne-agentskap (SAEHA)

 

 

(c) 2005 Erfenis vereniging van Centurion - Gebruiksvoorwaardes - Kontak ons - Webmeester